Dagga olie is deesdae op almal se lippe en nie altyd om die beste redes nie. Baie mense vereenselwig dagga of cannabis steeds met dwelmmisbruik en kwaad. Maar hierdie sogenoemde ‘dwelm’ het baie medisinale gebruike wat talle mense van kan baat.
Oor die jare is daar vele toetse gedoen om die effektiwiteit van dagga olie teen kroniese siekte, angstigheid, en insomnie te beproef. Tog, wil baie mense steeds weet: Is dit skadelik? Kan ek verslaafd raak? Waar is dagga olie te koop? Én natuurlik, is dit wettig?
Wat ook al jou rede vir die soektog na antwoorde oor dagga olie, die gebruik daarvan is iets wat ons verseker aanbeveel. Lees meer om uit te vind waar jy dagga olie te koop kan kry, hoe om dagga olie by die huis te ekstrak, en hoe om dit in jou daaglikse lewe te gebruik.
Olie Pryse
Wat Is Dagga Olie?
Kom ons begin by die begin. Wat presies is dagga olie? Om dit eenvoudig te stel is cannabis olie ‘n ekstrak van die dagga plant wat THC en/of CBD middels bevat. Daar is verskillende maniere om die ekstrak te verkry, maar alkohol ekstraksie, CO2-ekstraksie en butaan onttrekking is die mees algemeen.
Of jy dagga olie gaan gebruik wat THC bevat of CBD hang af van wat jy ten doel het. THC en CBD het verskillende gebruike met verskillende eienskappe. THC is die middel wat jou bedwelmd of ‘hoog’ laat voel terwyl CBD net ‘n kalmerende effek het. Jy kan meer oor die endocannabinoïed systeem in Engels hier lees.
Enige dagga olie wat jy in Suid-Afrika koop behoort ‘n baie lae konsentrasie THC (<0,3 %) het en/of meestal CBD bevat. Dit is omdat die verkoop van THC tans onwettig is in die land. Ons het ‘n in-diepte gids tot die endocannabinoïde stelsel geskryf, wat jy hier in Engels kan lees.
Waarvoor Kan ek Dagga Salf en Olie Gebruik?
Daar is nie net een ding waarvoor jy dagga olie kan gebruik nie. Dagga olie word al vir jare deur mense gebruik vir talle medisinale redes.
Party mense gebruik dit om meer kreatief te wees (hallo kunstenaars!), party gebruik dit vir pyn, en ander gebruik dit om te ontspan na ‘n lang dag. Maar baie mense gebruik ook dagga olie vir die medisinale voordele wat die plant het.
Hier is ‘n paar gevalle waar dagga olie jou kan help:
- Kanker
- Anoreksië
- Chroniese pyn
- Aanhoudende spierspasmas
- Slaaplose nagte
- Fisiese beserings
- Erge naarheid
- Maagseer
- Gloukoom
- Artritis
- Migraine
- Hoë bloeddruk
- Gevoel van angstigheid
Dagga olie is bewys (veral tydens studies gedoen in Kalifornië) om kanker-gat-skop kwaliteite te hê, asook die simptome van ander siektes of mediese kondisies te verlig.
Is die Verkoop van Suiwer Dagga Olie Wettig in Suid-Afrika?
Ongelukkig nie. Enige verkoper wat hulle produk as suiwer dagga olie (wat beide CBD en THC bevat) bemark in Suid Afrika praat eerder nie die volle waarheid nie of verkoop dit nie wettig nie.
Al is dit tans wettig om cannabis te gebruik in die privaatheid van jou eie huis, is die verkoop, vervoer en verskaffing van dagga produkte steeds teen die wet in Suid-Afrika. Dit is omdat THC geregulaeer is as ‘n skedule 6 dwelm terwyl CDB skedule 4 is.
Maar moet jou nie bekommer nie, dit beteken nie dat jy nie jou hande op goeie CBD produkte kan kry nie. Daar is reeds ‘n paar verskaffers wat in-persoons of aanlyn die middel verkoop. Volgens SAHPRA moet hierdie produkte ‘n lae dosis van 20mg CBD bevat om wettig verkoop te word.
Om hierdie CBD beperking vry te spring sal ons jou aanbeveel om soos vele ander Suid-Afrikaners te maak en jou eie plante by die huis groei. Dit sit jou in die gelukkige posisie plaas om jou eie dagga-blaar-tee of salf te maak met ‘n hoër konsentrasie.
Waar is Dagga Olie te Koop?
Wil jy ook deel wees van die CBD-olie revolusie? Lees dan ‘n bietjie oor ons gunsteling CBD-produk verskaffers:
Elixinol
Hierdie cannabis-produk winkel blyk nog redelik groen in die dagga bedryf aangesien hulle net ‘n paar jaar terug hul aanlyn winkel geopen het. Maar, hul oorsprong dateer terug tot in 1991 toe die stigters al begin het om navorsing te doen oor hoe natuurlike produkte, soos cannabis, mense se lewens kan verbeter.
Vandag, verkoop die aanlyn verskaffer ‘n verskeidenheid hemp produkte in die vorm van kapsules, salwe, olies, en gesig produkte. Hul olies kom in verskillende geure soos lemmetjie, klapper, lemoen, en kaneel-kruisement om dit beter te verteer.
Clicks
Het jy geweet dat jy dagga olie by Clicks kan koop? Hierdie takwinkel is een van Suid-Afrika se oudste en bekendste apteke met ‘n goeie verskeidenheid produkte. So dit is geen verrassing dat hul een van die eerstes is wat in die dagga mark gekom nie.
Hulle bied ‘n verskeidenheid tinkture, uittreksels, tee, en salwe op hul rakke. Omdat dit ‘n tak winkel is hou hulle ook vele handelsmerke aan sodat jy maklik jou gunsteling produk kan verkry.
Dischem
Nog ‘n bekende apteek in Suid-Afrika, Dischem, bied ‘n verskeidenheid cannabis en hemp produkte op hul rakke. Jy kan voedselaanvullings, orale tinkture en masseer olies by hulle koop. Hul bied ook ‘n aflewerings diens aan wat goedere tot jou voordeur bring.
Hoe om Dagga Olie by die Huis te Gebruik
Will jy jou eie dagga olie maak? Dalk soek jy net ‘n goeie dagga tee resep? Wel, jyt na die regte plek toe gekom! Dis redelik goedkoop om te maak, en jy hoort nie enige probleme te hê nie, selfs as ‘n aspirant kok in die dagga-olie bedryf.
Dagga Olie Resep
Hier is ons gids oor hoe om dagga olie by die huis te maak met klapperolie
Bestanddele:
Coconut-Cannabis olie is nogals baie maklik om te maak. Hier’s ‘n lys van die gereedskap en bestanddele wat jy nodig het om die tinktuur te maak:
- 1 koppie gemaalde dagga
- 1 koppie coconut olie (jy kan ook olyfolie gebruik)
- ‘n Sif
- Stadige plaatkoker (slow cooker)
Stap 1: Maal!
Maal jou dagga tot dit als fyn is – maar nie TE fyn nie. Jy wil nie hê dat al jou dagga reg deur die sif val nie.
Stap 2: Dekarboksilering en Infusie
Plaas jou coconut-olie en dagga in die slow-cooker en verhit dit vir ‘n paar uur tot warm. As jy ‘n slow-cooker gebruik, sal 4-6 ure genoeg wees. Indien‘n dubbelkoker gebruik word, sal dit tussen 6-8 ure wees.
Dekarboksalisering gebeur rondom 110-115 °C maar as jy dit te lank en te hoog laat styg, sal die hitte die THC verbrand en laat mors.
Stap 3: Stoor jou Dagga Olie
Sodra jou olie reg is (dit moet effens ruik en smaak soos dagga), kan jy dit ‘n paar keer deur jou sif gooi.
Maak seker dat jy jou olie in ‘n bottel sit wat lekker styf toe kan draai. Dit moet in ‘n donker en koel plek gestoor word – in die yskas werk goed. Hierdie dagga olie het ‘n rakleeftyd van 2-3 maande.
Wil jy hierdie resep in engels lees?
Waarskuwing: Hierdie dagga-olie sal jou bedwelmd maak. Wees versigtig om nie te veel te gebruik nie. Begin liewers stadig en bou dit op in plaas van te veel inneem en ‘n slegte tyd hȇ.
Dagga Tee Resep
Daar is vele dagga tee voordele, veral as jy iemand is wat sukkel om te slaap. Jy kan dit eerder aankoop by ‘n winkel of jou eie maak by die huis. Al wat jy nodig het is onbewerkte dagga, klapper olie, en jou gunsteling tee.
Ons Laaste Gedagtes Oor Cannabisolie In Suid-Afrika
In Suid Afrika is daar baie bohaai rondom die nadele en voordele van dagga olie. Soos met enige middel is daar newe effekte as jy dit nie op die regte manier gebruik of ‘n te groot dosis inneem. Steeds kan ons nie die vele voordele daarvan ontken nie.
Gelukkig is daar baie maniere om dagga olie te gebruik. Jy kan bevoorbeeld die olie in ‘n tee drink, as ‘n salf aanwend, en selfs drink met jou daaglikse vitamienes in kapsule vorm. Die olie word soms ook gebruik om mee te kook en bak.
Dit is altyd jou keuse om die dagga-plant te gebruik hoe okal jy wil. As jy dit nie wil probeer nie, of dit eenvoudig net nie vir jou werk nie, hoef jy dit nie te gebruik nie. En as jy wil, hoekom dan nie?
Leave a Reply